Jaarboeke

Inleiding tot kwalitatiewe navorsing 740


 
Modulekode NMQ 740
Kwalifikasie Nagraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud Hierdie module bied aan die student die grondslag van navorsingsgeletterheid in kwalitatiewe navorsing. Daar word gebruik gemaak van ware lewensvoorbeelde vanuit die opvoedkundige konteks. Studente sal die teorieë en metodes bestudeer wat geassosieer word met ‘n verskeidenheid benaderings in kwalitatiewe navorsing, insluitend: gevallestudies, historiese navorsing, etnografiese en aksienavorsing. Studente sal toegepaste vaardighede in ten minste twee kwalitatiewe metodes aanleer soos byvoorbeeld gestruktureerde observasies, semi-gestruktureerde onderhoude, teksanalise en vraelysontwerp. Basiese konsepte en strategieë word behandel om gevorderde opvoedkundige navorsingsopleiding op hoër vlakke van studie na te streef.
Modulekrediete 12.00
Voorvereistes Geen voorvereistes.
Onderrigtaal Beide Afr en Eng
Akademiese organisasie Opvoedkundige Sielkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences